ViewsWatchersBrowse |
Family tree▼ Facts and Events
"Ut in ’t Land van Ceulen" is Oedt in the State of Cologne (thanks to Harry Booyens)
http://www.reeler.co.za/familytree/pafn41.htm#1007 Hy is tussen 8 en 9 uur die aand `bij't vleesch-huis' naby die Kasteel op verraderlike en koelbloedige wyse vermoor, gevind 23.05.1693 : van Keulen, aankoms waarskynlik 1652 saam met Jan van Riebeeck; burger 16570810, Kry 16571010 'n plaas aan die Liesbeekrivier in die `kolonie' wat as Groeneveldt bekend gestaan het en waar Marist Brothers College in Rondebosch nou staan. Hy het dit Ekelenburg of Ecklenburg genoem. In 1660 het hy Burgerraadslid geword. Gedurende Augustus 1668 word hy saam met sy skoonseun Willem Schalkzoon van der Merwe en Jan Verhagen van smokkelhandel aangekla. Hulle sou na bewering 'n aantal beeste van die Hottentotte gekoop het teen 'n prys vyfkeer meer as wat die Kompanje betaal, en strydig met die verbod op handel met die inboorlinge. Hulle is aldrie skuldig bevind en tot lyfstraf gevonnis. Gelukkig vir hulle is daardie vonnis deur bemiddeling van goeie vriende opgeskort en vervang met 'n boete van vyftig riksdaalders. In 1671 repatrieer hy na Europa, maar keer weer na die Kaap terug as korporaal in diens van die Kompanje |